top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

TENNIS: Alcaraz & Zverev van groot name wat deur is na laaste 16 in Italiaanse Tennis Ope

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • May 13, 2025
  • 1 min read

Carlos Alcaraz het sy plek in die laaste ronde van 16 in die Italiaanse Ope bespreek nadat hy korte mete van Laslo Djere se aanslag gemaak het. Die telling was 7 – 6 en 6 – 2. Alcaraz wat al vier keer ’n Grand Slam wenner is het vir die eerste keer sover in diè toernooi gevorder en kom nou teen Karen Khachanov te staan wat die promoteurskeuse Francesco Passaro oorrompel het 6 – 3 en 6 – 0. Intussen het die wêreldnommer twee Alexander Zverev ook maklik deurgedring na die laaste 16 toe hy van die Litause kwalifiseerder Vilius Gaubas in 86 minute ontslae geraak het en ontmoet die Fransman Arthur Fils volgende op die baan wat op sy beurt met Stefanos Tsitsipas kon afreken. Die stoutseun van Rusland Daniil Medvedev sal teen die tuisheld Lorenzo Musetti te staan kom wat ook Alexei Popyrin se drome beëindig het in twee stelle.

 
 
 

Comments


bottom of page