top of page

TENNIS: Britse ster Tara Moore is vir vier jaar geskors

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jul 16, 2025
  • 1 min read

Die Britse tennisspeler Tara Moore, wat voorheen onder die vergrootglas was weens die gebruik van verbode middels, is hierdie keer vir vier jaar geskors. Die 32-jarige Moore, wat Brittanje se voormalige eerste gekeurde dubbelspelspeler was, is reeds in Junie 2022 voorlopig geskors weens die gebruik van die anaboliese steroïede nandroloon en boldenoon. Moore het destys beweer dat sy nooit opsetlik ‘n verbode middel sal gebruik nie. Sy het na bewering besmette vleis geëet dae voor die monster geneem is; dit is daarna deur ’n onafhanklike tribunaal bepaal dat dit wel die bron van die verbode middel was. Ná hersiening van al die bewyse het die Hof vir Sportarbitrasie (CAS) se paneel bevind dat Moore nie kon bewys dat die konsentrasie nandroloon in haar sisteem ooreenstem met die inname van die besmette vleis nie en die appèl is gehandhaaf teen die eerste uitspraak. Moore se skorsing geld reeds vanaf 15 Julie met krediet vir tyd wat gedurende die voorlopgie skorsing reeds uitgedien is. Die 2025 Wimbledon-kampioene, Iga Swiatek en Jannik Sinner, het self onlangs bloutjies geloop weens die gebruik van verbode middels en is onderskeidelik vir een en drie maande geskors.

 
 
 

Comments


bottom of page