top of page

TENNIS: De Minaur en Fernandez as die mans en vroue kampioen gekroon by die DC Ope in Washington

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jul 28, 2025
  • 1 min read

Alex De Minaur het drie wedstrydpunte afgeweer om Alejandro Davidovich Fokina met 5 -7, 6 -1 en 7 - 6 in die DC Open-eiendstryd te klop vir ‘n 10de loopbaantitel. In die vroue afdeling het Kanada se Leylah Fernandez ook ‘n mylpaal gevier deur Anna Kalinskaya met 6 – 1 en 6 – 2 te klop vir haar eerste WTA 500-titel. In die mans-dubbels was die eerste gekeurdes van Italië Simone Bolelli en Andrea Vavassori te goed vir die derde gekeurdes Hugo Nys van Monaco en die Fransman Edouard Roger-Vasselin  en het in twee skoon stelle die septer geswaai. Die vroue-dubbels titel gegaan het aan die ongekeurdes Caroline Dolehide en Sofia Kenin wat met 6 – 1 en 6 – 1 die eerste gekeurdes Taylor Townsend en Zhang Shuai oorrompel het.

 
 
 

Comments


bottom of page