TENNIS: Die 45-jarige Amerikaner Venus Williams verstom met haar eerste ronde sege by die DC Tennis Ope
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jul 24
- 1 min read
Venus Williams het ‘n skitter terugkeer gemaak deur Peyton Stearns met 6 - 3 en 6 - 4 te verslaan om die tweede ronde van die DC Ope te haal. Die 45-jarige legende het die oudste WTA-wenner geword sedert Martina Navratilova by Wimbledon in 2004. Sy sal nou teen Magdalena Frech in die volgende ronde te staan kom. Elders het Naomi Osaka Yulia Putintseva geklop en sal nou Emma Raducanu in die tweede ronde ontmoet.





Comments