TENNIS: Djokovic haal 15de Wimbledon-halfeindstryd
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jul 10, 2025
- 1 min read
Novak Djokovic het van ‘n stel af teruggeveg om Flavio Cobolli te verslaan en ‘n rekord 14de Wimbledon-halfeindstryd te haal. Die 38-jarige sal nou teen Jannik Sinner te staan kom wat geen tekens van elmboogprobleme getoon het toe hy Ben Shelton in skoon stelle uitgeskakel het nie. Die verdedigende kampioen Carlos Alcaraz ontmoet die vyfde gekeurde Taylor Fritz in die tweede halfeindronde. In die vroue-afdeling het Iga Swiatek haar eerste Wimbledon-halfeindstryd gehaal deur Liudmila Samsonova te klop en sal teen Belinda Bencic te staan kom terwyl die eerste gekeurde Aryna Sabalenka en Amanda Anisimova ook sake sal uitspook vir ‘n plek in Saterdag se eindstryd.






Comments