top of page

TENNIS: Djokovic slaan op wennoot af vir Franse Ope-titel

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • May 28, 2025
  • 1 min read

Die 24-malige Grand Slam wenner, Novak Djokovic, het sy aanspraak op ’n vierde Franse Ope-titel positief begin toe hy sy eerste ronde wedstryd teen die Amerikaner Mackenzie McDonald in drie skoon stelle maklik gewen het. Die telling was 6 – 3, 6 – 3 en 6 – 3. Intussen het die ongekeurde Johannesburg-gebore Brit, Cameron Norrie, vir ’n groot opskudding gesorg toe hy die stoutseun van Rusland - Daniil Medvedev - in ’n marathonstryd van net minder as vier ure sy tasse laat pak het. Dit is ook nou die vyfde keer dat Norrie die tweede ronde by Roland Garros haal en sal Donderdag teen die Argentyn Federico Agustin Gomez te staan kom. Suid-Afrika se Lloyd Harris was ook in aksie op Baan 7 maar het in vier stelle teen die 17de gekeurde Andrey Rublev van Rusland die onderspit gedelf.

 
 
 

Comments


bottom of page