top of page

TENNIS: Franse Ope begin sonder enige opskuddings op Dag 1 by Roland Garros

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • May 26, 2025
  • 1 min read

Topgekeurde Aryna Sabalenka het maklik met haar opponent in die eerste ronde van die Franse Ope afgereken toe Kamilla Rakhimova in net meer as ’n uur met 6 – 1 en 6 - 0 uitgestof het. Die drie-mailge Grand Slam-kampioen Sabalenka het vyf keer op die Rus se afslaan deurgebreek en ontmoet Jill Teichmann van Switserland of die Italiaanse kwalfiseerder Lucrezia Stefaninin volgende in die ronde van 32. Die verdedigende kampioen Iga Swiatek wat ’n wisselvaliige jaar tot dusver beleef sal haar veldtog teen Rebecca Sramkova begin terwyl die kragmeting tussen Naomi Osaka en die 10de gekeurde Paula Badosa vir vuurwerke gaan sorg. In die mans afdeling het die agste gekeurde Lorenzo Musetti in drie skoon stelle met Yannick Hanfmann afgereken terwyl Juan Manuel Cerundolo die 32ste gekeurde Alex Michelsen ook vroeg sy tasse laat pak het.

 
 
 

Comments


bottom of page