top of page

TENNIS: Gauff & Alcaraz as die 2025 kleibaan-kampioene van Roland Garros gekroon

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jun 9, 2025
  • 1 min read

Coco Gauff & Carlos Alcaraz is as die kleibaan-kampioene van Roland Garros gekroon nadat hulle onderskeidelik met die twee nommer een spelers in die wêreld Aryna Sabalenka en Jannik Sinner afgereken het. Gauff wat vroeër gesê het dat dit diè titel was wat sy graag wou wen het drie stelle benodig om dit met 6 – 7, 6 – 2 en 6 – 4  in te palm. Sy was ook die eerste Amerikaner sedert Serena Williams in 2015 wat die Suzanne Lenglen-trofee omhoog kon lig. In sekerlik een van die beste Grand Slam eindstryde van alle tye was dit die verdedigende manskampioen Carlos Alcaraz en die wêreld nommer een Jannik Sinner wat in die langste wedstryd in die geskiedenis op die Philippe Chatrier-baan gewikkel was waar Alcaraz uiteindelik in vyf en ’n half ure die Coupe des Mousquetaires  weer omhoog kon lig. Sinner het die eerste twee stelle met 6 – 4 en 7 – 6 ingepalm en in die derde afgeslaan vir die wedstryd maar daarna het die Spaanse sensasie drie kampioenskaps-punte afgeweer en ’n briljante terugvegpoging geloods om diè stel in te palm met 6 - 4 en daarna die vierde en vyfde uiteindelik met 7 – 6 en 7 – 6 te beklink. *Die volgende major  is die Wimbledon-toernooi waar Alcaraz ook gaan poog om sy derde agtereenvolgende Aarbei & Room-toernooi te wen.

 
 
 

Comments


bottom of page