top of page

TENNIS: Iga Swiatek se Franse Ope-kroon is vanjaar in die gedrang

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • May 22, 2025
  • 1 min read

Iga Swiatek se oorheersing by Roland Garros gaan vanjaar onder druk wees met haar daling tot die wêreldnommer vyf wat na 173 weke in die top twee beëindig is. Sy is wenloos sedert sy ‘n derde agtereenvolgende Franse Ope titel in 2023 ingepalm het met onlangse verliese in Rome en Madrid. Swiatek het erken dat haar spel tans ‘n insinking beleef en dat sy steeds kleitrap in belangrike oomblikke. Hoewel haar rekord in Parys steeds met 21 agtereenvolgende oorwinnings boekdele spreek waarsku kritici dat dit diè toernooi kan wees waar sy die pad nog verder byster kan raak. *Intussen  sal Suid-Afrikaners styf duim vashou vir Lloyd Harris wanneer hy Vrydag vir die eerste keer teen die veteraan Marin Cilic van Kroasië te staan kom vir ‘n plek in die hoofloting by die Franse Ope. Cilic – ‘n voormalige Junior Frans Ope kampioen - het in 2022 tot die halfeindronde gevorder en in al drie ander Grand Slam-toernooie die eindstryd gehaal. Diè ontmoeting is om 11:00 (SA Tyd).

 
 
 

Comments


bottom of page