top of page

TENNIS: Loting vir 2025 Franse Ope bekendgemaak

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • May 23, 2025
  • 1 min read

Die wêreld se nommer een manspeler Jannik Sinner en driemalige Franse Ope kampioen Novak Djokovic is in dieselfde helfte van die loting in die 2de Grand Slam van diè jaar nadat dit Donderdag bekendgemaak is. Sinner wat ook reeds 'n drie-malige Grand Slam wenner is speel sy eerste twee wedstryde teen Franse spelers. Indien die Italianer deurdring na die kwarteindronde kan sy moontlike teenstanders die Brit Jack Draper, Aussie Alex de Minaur of die Tsjeg Jakub Mensik wees. Die 38-jarige Dkokovic begin sy veldtog teen die Amerikaner Mackenzie McDonald waarna die onvoorspelbare en humeurige Duitser Alexander Zverev moontlik ook in Djokovic se pad kan staan oppad na ’n vierde Musketiers-trofee. Carlos Alcaraz wat die verdedigende kampioen is het ’n taai openingsronde teen die voormalige wêreld nommer vier van Japan Kei Nishikori. In die vroue afdeling gaan die sukkelende Iga Swiatek spelers soos Emma Raducanu, Jelena Ostapenko en Elena Rybakina te wagte kan wees. Die tweede gekeurde Coco Gauff begin haar veldtog Olivia Gadecki en kan moontlik in die laaste ronde van agt uitkyk vir haar landgenoot Madison Keys. *Vanjaar se 2de Grand Slam toernooi slaan Sondag in Parys af.

 
 
 

Comments


bottom of page