top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

TENNIS: Novak Djokovic haal sy 16de Wimbledon kwarteindronde

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jul 8, 2025
  • 1 min read

Die 24-malige Grand Slam kampioen Novak Djokovic het sy plek in die kwarteindronde vir ‘n 16de keer bespreek toe hy die Aussie Alex de Minaur in vier stelle geklop het. Djokovic het die eerste stel met 1 – 6 verloor maar daarna met 6 – 4, 6 – 4 en 6 – 4 skoonskip gemaak in ’n wedstryd van bykans drie en ’n half ure. Djokvic mik na sy agste Wimbledon kroon en sal die 22ste gekeurde Flavio Cobolli nou  ontmoet waarna die wêreld nommer een Jannik Sinner moontlik dan op hom wag. In die vroue afdeling het die sewende gekeurde Mirra Andreeva vna Rusland die Amerikanner en tiende gekeurde Emma Navarro se opmars in twee skoon stelle tot ’n halt gebring. Die telling was 6 – 2 en 6 – 3.

 
 
 

Comments


bottom of page