top of page

TENNIS: Olimpiese ster Sara Sorribes Tormo neem onbepaalde blaaskans weg van baan af

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • Apr 22
  • 1 min read

Die Spaanse Olimpiese medalje wenner Sara Sorribes Tormo gaan vir ’n onbepaalde tydperk haar raket wegbêre weens die fisieke en geestelike tol wat diè sport op haar geëis het. Tormo wat die dubbels bronsmedalje by die 2024 Olimpiese Spel in Parys gewen het , het onlangs ook haar sesde dubbelspeltitel saam met landgenoot Cristina Buca in Bogota gewen sowel as haar laaste enkelspel-wedstryd in die Billie Jean King-bekertoernooi tussen Spane en Brasilië. Die 28-jarige het op haar  Instagram-blad  ook gesê dat sy onseker is of diè blaaskans “tydelik of permanent” gaan wees en wil hê dat haar kop en lyf weer moet “saamwerk.”

 
 
 

Comments


bottom of page