TENNIS: Stefanos Tsitsipas betrek pa Apostolos weer by sy afrigtingspan
- Armando Pieters

- Aug 1
- 1 min read
Nadat die flambojante Griekse speler Stefanos Tsitsipas se kort vennootskap met Goran Ivanisevic geskei het, het die 26-jarige sy pa Apostolos weer by sy afrigtingspan ingesluit om nuwe vuur in sy loopbaan te blaas. Ivanisevic was die enigste “wildcard” in die geskiedenis om ’n Grand Slam titel te wen toe hy in 2001 as 125ste gekeurde die Wimbledon kampioen geword het. Die Kroasiër het Novak Djokovic ook gehelp om nege van sy 24 Grand Slam-titels te wen. Tsitsipas wat die naaswenner van Franse Ope in 2021 en Australiese Ope in 2023 was het teruggesak na 30ste op die wêreldranglys en kon in die eerste drie Grand Slams van die jaar nie verder as die tweede ronde vorder nie. Hy het ook vroeër die week teen Christopher O’Connell in die tweede ronde van die Kanadese Ope verloor. Tsitsipas het op Xgeskryf dat hy dankbaar is om die pad weer vorentoe met sy pa te deel wat die eerste persoon was wat in hom geglo het. Hulle was saam in elke hoofstuk van hierdié reis en het bygevoeg dat om soms huistoe te kom die dapperste tree vorentoe is.





Comments