top of page

TENNIS: Swiatek en Sinner as 2025 Wimbledon kampioene gekroon

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • Jul 14
  • 1 min read

Iga Swiatek en Jannik Sinner is as die 2025 Wimbledon vroue- en manskampioen gekroon. Swiatek het die rekordboeke herskryf toe sy vir die eerste keer in meer as 100 jaar in die vroue-eindstryd diè titel gewen het sonder om ’n enkele pot af te staan. Swiatek het die Amerikaner Amanda Anisimova in slegs 57 minute met 6 – 0 en 6 – 0 van die baan af gespeel en sodoende haar sesde Grand Slam titel verower en spog nou met ’n major  op elke oppervlak (hardebaan, gras en klei). In die mans-afdeling het die wêreld nommer een Jannik Sinner sy eerste Wimbledon titel gewen toe hy die verdedigende kampioen Carlos Alcaraz in vier stelle geklop het. Die telling was 4 – 6, 6 – 4, 6 – 4 en 6 – 4. Dit was ’n stroopsoet oorwinning vir Sinner nadat hy slegs 35 dae gelede in ’n hartverskeurende eindstryd teen die einste Alcaraz in die Franse Ope eindstryd verloor het. Sinner is ook die eerste Italianer om diè gesogte titel te kon inpalm.  

 
 
 

Comments


bottom of page