TENNIS: Tiener raap Djokovic se 100ste beroepstitel voor sy oë weg
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Mar 31, 2025
- 1 min read
Die Tsjeggiese tiener, Jakub Mensik, het sy kinderjare se held, Novak Djokovic, in twee stelle geklop, 7-6 (7/4), 7-6 (7/4), wat albei sogenaamde “tiebreaks” is - om die Miami Ope in die Hard Rock-stadion te wen. Die 19-jarige Mensik, wat 54ste op die wêreldranglys is, het sy eerste titel op die ATP-toer gewen en Djokovic se 100ste beroepstitel weggeraap. Al Jazeera berig Sondag se eindstryd is met byna ses uur vertraag weens swaar reën, en toe die spelers op die baan kom, was dit duidelik dat Djokovic ’n ooginfeksie gehad het. Die wedstryd tussen die 37-jarige Djokovic en Mensik was die grootste ouderdomsgapingsverskil in 'n Meesters 1000-eindstryd - en die grootste ouderdomsgaping van enige toervlak sedert 1976. Mensik het sy eerste ATP 1000-eindstryd gespeel. Hy was skaars sowat twee jaar oud toe Djokovic sy eerste Miami Ope-titel in 2007 gewen het.






Comments