TENNIS: Top gekeurdes struikel weereens op Dag 2 by Wimbledon
- Armando Pieters

- Jul 2
- 1 min read
Dag 2 by Wimbledon het vir nog ’n paar opskuddings gesorg waar die dag temperature weer die hoogte ingeskiet het. Die derde gekeurde Jessica Pegula is deur Elisabetta Cocciaretto met 6 – 2 en 6 – 3 uitgeskakel terwyl die vyfde gekeurde Qinwen Zheng dieselfde paadjie moes stap nadat Katerina Siniakova haar titel drome aan skerwe laat spat het met ’n oorwinning van 7 – 5, 4 – 6 en 6 – 1. In die mans afdeling het die derde gekeurde Alexander Zverev sy rieme styfgeloop teen Arthur Rinderknech in vyf taai stelle terwyl Lorenzo Musetti wat sewende gekeur is deur Nikoloz Basilashvili met 6 – 2, 4 – 6, 7 – 5 en 6 – 1 tot oorgawe gedwing is. Die eerste gekeurde Jannik Sinner van Italië het sy voet op die versneller gehou en landgenoot Luca Nardi van die baan af gespeel in drie skoon stelle terwyl Alex de Minaur en Tommy Paul wat onderskeidelik 11de en 13de gekeur is maklik gekwalifiseer het met oorwinnings oor Roberto Baena en Johannus Monday. *Suid-Afrika se Lloyd Harris sal egter sy beste voet moet voorsit wanneer hy Woensdag die 14de gekeurde Andrey Rublev in die tweede ronde gaan aanvat.





Comments