top of page

TENNIS: Tsitsipas en Ivanisevic se paaie skei na slegs twee maande op die baan

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jul 24, 2025
  • 1 min read

Stefanos Tsitsipas het sy afrigtingsverhouding met Goran Ivanisevic in minder as twee maande nadat dit begin het, beëindig. Die Griekse ster wat tans 29ste op die wêreldranglys is en nog opsoek is na sy eerste Grand Slam-titel het Ivanisevic bedank vir sy tyd en energie en die ervaring as intens en waardevol beskryf ten spyte van die kortstondigheid daarvan. Hul skeiding volg op Tsitsipas se vroeë uittog van Wimbledon waar hy in die eerste ronde met ‘n rugbesering die handdoek moes ingooi. Ivanisevic wat die 2001 Wimbledon-kampioen was het in ‘n assessering na die nederlaag gesê dat Tsitsipas die mees onvoorbereide speler is wat hy nog ooit gesien het.

 
 
 

Comments


bottom of page