top of page

TENNIS: Venus Williams is terug op die baan na ’n afwesigheid van meer as ‘n jaar

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jul 22, 2025
  • 1 min read

Die sewemalige Grand Slam wenner Venus Williams is terug op die baan na ’n afwesigheid van meer as ’n jaar. Die 45-jarige Williams gaan aan ’n toernooi van die Vrouetennis-vereniging (WTA) deelneem maar het gesê sy sou dit geniet as haar jonger suster Serena ook haar terugkeer kon maak. Serena wat met 23 Grand Slam enkelspel-titels spog en 14 dubbelspel-titels saam met Venus ingesamel het is sedert die 2022 Amerikaanse Ope buite aksie is en het besluit om haarself geleidelik verder te ontwikkel maar weg van dié sport af. Ousus Venus se laaste toernooi was in Maart 2024 toe sy in die eerste ronde van die Miami Ope uitgeskakel is maar kom Dinsdag teen haar landgenoot Peyton Sterns te staan in die ronde van 32. Dié wedstryd begin om 16:00 (SA Tyd). Die tenniswêreld was ietwat geskok toe Williams as ’n promotors-uitnodiging vir die DC-Ope in Washington ingesluit is en op ’n vraag of dit ’n eenmalige geval is en of sy beplan om elders te speel het Williams snr. niks veel verder gesê maar wel beklemtoon dat sy vir nou eers op die hede fokus.

 
 
 

Comments


bottom of page