top of page

TENNIS: Vergete Aussie stoutseun Tomic behaal ATP-oorwinning

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jun 26, 2025
  • 1 min read

Die Aussie Bernard Tomic het na ’n lang afwesigheid vanaf die baan sy eerste ATP-oorwinning sedert 2021 behaal toe hy Rinky Hajikata in die Majorka Ope geklop het. Tomic wat op sy dag die sewentiende beste speler ter wêreld was het ’n agterstand van ’n stel uitgewis en uiteindelik met 3–6, 7–5 en 6–2 gewen. Die 32-jarige Australiër was dikwels in onderonsies met owerhede betrokke aangesien sy voorliefde vir sportmotors en uitspattige leefstyl met tye baie kritiek ontlok het. Tomic gaan poog om sy terugkeer na die top-100 te versterk en ranglyspunte in Majorka op te bou en het daarom ’n besluit geneem om vanjaar se kwalifisering vir die Wimbledon-toernooi te laat vaar.

 
 
 

Comments


bottom of page