TENNIS: Wimbledon 2025 bereik nou hoogtepunt met mans en dames halfeindronde wedstryde
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jul 9, 2025
- 1 min read
Die 2024 Wimbledon mans kampioen Carlos Alcaraz sal die 5de gekeurde Taylor Fritz Vrydag in die eerste halfeindstryd ontmoet nadat hy die plaaslike gunsteling Cameron Norrie in drie stelle gestuit het. Die wêreld nommer een Jannik Sinner en die 10de gekeurde Ben Shelton stoei sake Woensdagmiddag uit terwyl die sesde gekeurde Novak Djokovic sy oog op ’n agste titel gaan hê wanneer hy verby die Italianer Flavio Cobolli moet skuif vir ’n plek in die laaste rondte van vier. In die vroue afdeling sal die eerste gekeurde Aryna Sabalenka Donderdag teen die 13de gekeurde Amanda Anisimova meeding in die een halfeindronde. Die oorblywende twee plekke sal tussen Iga Świątek en Liudmila Samsonova en Mirra Andreeva en Belinda Bencic uitgespook word. Die dames eindstryd word Saterdagmiddag beslis.







Comments