TENNIS: Wimbledon 2025 sorg vir paar opskuddings op Dag 1
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jul 1, 2025
- 1 min read
Wimbledon 2025 het op Dag 1 sy eerste twee topgekeurdes ingekatrol toe Daniil Medvedev en Holger Rune hulle tasse terug huistoe gepak het. Die negende gekeurde Medvedev is deur Benjamin Bonji van Frankryk op ’n snikhete dag in net meer as drie ure op die baan in vier stelle uitgeskakel terwyl Nicolas Jarry sy kragmeting teen die agste gekeurde Rune tot vyf stelle gerek het. Die telling was 4 – 6, 4 – 6, 7 – 5, 6 – 3 en 6 – 4. Die verdedigende kampioen Carlos Alcaraz was in ’n marathon wedstryd betrokke teen Fabio Fognini en het 3 – 0 voorgeloop in die 5de stel toe die wedstryd gestaak was weens ’n mediese noodgeval onder een van die toeskouers. Alcaraz het egter met hul terugkeer tot die baan Fognini in die laaste stel met 6 – 1 uit die pad gevee. In die vroue afdeling het die tweemalige finalis Ons Jabeur vroeg in die tweede stel die handdoek ingegooi weens die uitmergelende hitte. Jabeur wat ’n asma lyer is sukkel ook die afgelope jaar met beserings wat haar terugkeer na topvorm kniehalter. Die eerste gekeurde Aryna Sabalenka van Belarus het haar plek wel vasgemaak in die tweede ronde toe sy die Kanadees Carson Branstine met 6 – 1 en 7 – 5 huistoe gestuur het.






Comments