top of page

Tereza Troskie-Herbst word ma

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Feb 20
  • 1 min read

Voormalige Mev. Wêreld, Tereza Troskie-Herbst, en haar man, Bennie, het ‘n tweeling ryker geword.


Nova News berig die Mediclinic Bloemfontein het in ‘n nuusverklaring aangekondig dat Troskie-Herbst se tweeling-dogters, Abbigail en Kiara, Donderdagoggend op 33 weke gebore is. Die geboorte is danksy ‘n surrogaatma moontlik gemaak.


Woordvoerder van Mediclinic Bloemfontein, Valencia Swart, sê danksy mediese kundiges word die twee met groot sorg in die hospitaal se Neonatale Intensiewesorgeenheid gemonitor.


Dit is die derde keer dat die paartjie met die hulp van ‘n surrogaatma probeer om kinders te kry.


Troskie-Herbst was getroud met die eertydse rolprentmagnaat wyle Boet Troskie, van wie sy geskei is.


Tereza Troskie-Herbst. FOTO: Nova News
Tereza Troskie-Herbst. FOTO: Nova News

 
 
 

Comments


bottom of page