top of page

Tesla is gedeeltelik aanspreeklik bevind vir die dood van ‘n voetganger in 2019

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Aug 3, 2025
  • 1 min read

Die voertuigvervaardiger, Tesla, is deur ‘n jurie in Florida gedeeltelik aanspreeklik bevind vir ‘n ongeluk in 2019 waarin ‘n Model S-sedan wat selfbesturende sagteware gebruik het, ‘n voetganger doodgemaak en ‘n ander ernstig beseer het. Eisers voer aan dat die bystandsagteware, Autopilot, die bestuurder moes gewaarsku het en die remme geaktiveer het voor die ongeluk. Volgens Reuters, moet die maatskappy $243-miljoen aan die slagoffers betaal. In ‘n verklaring wat aan die BBC gestuur is, hou Tesla vol dat die bestuurder, George McGee, skuldig is en het bestempel die uitspraak as verkeerd. Tesla beplan om teen die uitspraak te appelleer.

 
 
 

Comments


bottom of page