Thabo Bester se span is nog nie gereed nie
- Saamgestel deur Jana Roos

- 1 hour ago
- 1 min read
Die veroordeelde moordenaar en verkragter Thabo Bester se advokaat, Moafrika wa Maila, het in die hooggeregshof in Bloemfontein aangedui dat die verdediging se saak nog nie gereed is nie.
SABC-nuus berig Maila versoek 'n hofbevel om voorsiening te maak vir konsultasie. Die voorverhoor in die ontsnappingsaak het Vrydagoggend in die hof begin. Die hof sal bepaal of alle uitstaande regskwessies afgehandel is en of die saak gereed is vir verhoor.
Bester en sy medebeskuldigde, Nandipha Magudumana, wat daarvan aangekla word dat sy hom gehelp het om te ontsnap, sal na verwagting soos in Junie weer virtueel verskyn. Bester het in 2022 ontsnap uit die Manguang-tronk, wat privaat bestuur is deur die veiligheidsmaatskappy, G4S. Bester en Magudumana is in 2023 in Tanzanië aangekeer.








Comments