Thabo Bester wil sy tronkvoorwaardes verslap
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Nov 10
- 1 min read
Die veroordeelde moordenaar en verkragter Thabo Bester wil hê dat die Departement van Korrektiewe Dienste sy tronkvoorwaardes verslap.
Bester wil eerder as ‘n verhoorafwagtende persoon as ‘n veroordeelde gevangene behandel word.
Verder wil hy ook hê dat die departement kontakbesoeke met sy familie en regsverteenwoordigers moontlik moet maak.
Hy sê dat die departement dit vir hom onmoontlik maak om normaal te funksioneer en voor te berei vir sy komende verhoor.
Bester en sy medebeskuldigdes word op 5 Desember weer in die hof verwag.
Hulle word daarvan beskuldig dat hulle Bester in 2023 gehelp het om uit die Mangaung-korrektiewe sentrum te ontsnap.






Comments