top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Thabo Mbeki kritiseer DA-besluit oor Nasionale Dialoog

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jul 4, 2025
  • 1 min read

Die voormalige president, Thabo Mbeki, sê dit sou meer sin maak vir die DA om hom uit die Regering van Nasionale Eenheid te onttrek as om van die Nasionale Dialoog weg te stap.

EWN berig Mbeki kritiseer die DA in ‘n ope brief nadat die party gesê het dat hy nie aan die Nasionale Dialoog sal deelneem nie.

President Cyril Ramaphosa gaan 'n dialoog volgende maand begin om oplossings vir Suid-Afrika se probleme te probeer vind.

Mbeki is ten gunste van die dialoog.

Mbeki sê voorts die DA se federale raadsvoorsitter, Hellen Zille, kom arrogant voor en dink Suid-Afrikaners kan nie sonder die DA vir hulself dink of hul toekoms beplan nie.

 
 
 

Comments


bottom of page