top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

The Village People se ‘polisieman’ is oorlede

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • 1 hour ago
  • 1 min read

Stigterslid en hoofsanger van die Village People, Victor Willis, is Dinsdag in die ouderdom van 74 jaar ná 'n kort, aggressiewe siekte oorlede.


News24 berig Willis was mede-skrywer van die groep se grootste treffers, waaronder YMCA, Macho Man en In the Navy, en hy het die ikoniese polisieman- en vlootoffisier-karakters geskep waarvoor die groep wêreldwyd bekend geword het.


Later was Willis in 'n langdurige regsstryd betrokke om eienaarskap van die groep se naam en sy tantieme as liedjieskrywer terug te eis. In 2012 het hy 'n belangrike hofsaak gewen wat hom gedeeltelike beheer oor die regte op sy liedjies en sy kreatiewe nalatenskap gegee het.


Hy het die groep in 1979, op die hoogtepunt van hul sukses, verlaat om 'n solo-loopbaan te volg. Hy het kortstondig in 1982 teruggekeer en hom in 2017 weer permanent by die groep aangesluit.


YMCA word gereeld by saamtrekke van die Amerikaanse president Donald Trump gespeel.


Victor Willis. FOTO: News24
Victor Willis. FOTO: News24

 
 
 

Comments


bottom of page