top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Thoko Didiza bly aan as speaker

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • 59 minutes ago
  • 1 min read

Die speaker van die parlement, Thoko Didiza, het die mosie van wantroue wat die EFF teen haar gebring het, oorleef.


Maroela Media berig altesaam 282 LP’s het Woensdag teen die mosie gestem, met 101 ten gunste van haar verwydering as speaker.


Die leier van die EFF, Julius Malema, het die mosie teen Didiza gebring ná haar besluit om nie president Cyril Ramaphosa se aansoek in die Kaapstadse hooggeregshof teen te staan om die afsettingskomitee te dwing om voorlopig sy werk te staak nie.


Die mosie is grootliks deur parlementslede van die EFF en MKP gesteun.


Verskeie ander partye, waaronder die DA, VF Plus, die PA, ActionSA en Rise Mzansi, het egter daarteen gestem.


Thoko Didiza. FOTO: Polity
Thoko Didiza. FOTO: Polity

 
 
 

Comments


bottom of page