Tien gevalle van die chikungunya-virus is in Suid-Afrika bevestig
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Aug 9, 2025
- 1 min read
Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes sê 10 gevalle van die chikungunya-virus is tussen Desember verlede jaar en Julie vanjaar in Suid-Afrika bevestig. Die virus word deur muskiete oorgedra en word dikwels gekoppel aan reise na plekke waar uitbrekings aangemeld word. Hierdie gevalle het reisigers behels wat van onder andere Mauritius, Kenia, Indië en Madagaskar terugkeer. Die instituut sê hoewel daar nog geen plaaslike aangemelde gevalle van die siekte is wat verband hou met die huidige uitbrekings in Suid-Afrika nie, beteken die teenwoordigheid van die spesifieke tipe muskiet in stedelike gebiede dat die risiko van potensiële plaaslike uitbrekings oorweeg moet word. Hierdie muskiete is algemeen in KwaZulu-Natal, die Oos-Kaap en Gauteng.






Comments