top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Tien sluise by Vaaldam oopgemaak

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Apr 25, 2025
1 min read

Die Departement van Water en Sanitasie sê dat hulle Vrydag nog sluise by die Vaaldam sal oopmaak weens voortdurende swaar reën in die boonste opvanggebiede. Volgens die departement het die dam se watervlakke oornag vinnig gestyg, met die stoorkapasiteit wat meer as 118 persent bereik het. Die dam se sewende en agtste sluise is Vrydagoggend oopgemaak, terwyl die negende en tiende sluise na beraming Vrydagmiddag oopgemaak sal word. Intussen word wateruitvloei by die Bloemhofdam verhoog, en die Gariep- en die Vandekloofdamme loop steeds oor. Die departement se woordvoerder, Wisane Mavasa, sê hulle het ook vanoggend ‘n tweede sluis by die Grootdraaidam oopgemaak.

 
 
 

Comments


bottom of page