Tien Vrystaters is vir beweerde bankbedrog in hegtenis geneem
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Apr 2
- 1 min read
Tien verdagtes is in hegtenis geneem vir beweerde poging tot bankbedrog van R250 000 met vervalste salarisdokumente in Odendaalsrus in die Vrystaat.
Dit kom nadat een van die verdagtes drie vervalste salarisstrokies ingedien het tydens haar aansoek om ’n lening. Bankpersoneel het die dokumente as verdag gemerk en die polisie in kennis gestel.
FS Channel Online berig verdere ondersoek het aan die lig gebring dat die vrou saamgewerk het met ’n sindikaat wat na bewering van Gauteng afkomstig is, en wat reeds ander finansiële instellings bedrieg het.
Volgens polisiewoordvoerder sersant Palesa Thabana het hulle die verdagtes in hegtenis geneem en verskeie bankkaarte wat in hul besit gevind is, gekonfiskeer.
Die tien verdagtes sal na verwagting op 7 April hul eerste verskyning in die landdroshof in Odendaalsrus op aanklagte van bedrog maak.








Comments