top of page

Tieners kaap glo ‘n voertuig met speelgewere

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • Jun 6
  • 1 min read

Die drie tiener-verdagtes wat glo ‘n voertuig met speelgewere gekaap het sal binnekort in die hof verskyn. The Citizen berig die drie seuns tussen die ouderdom van 16 en 17 jaar is in die Kliprivier-omgewing aangekeer terwyl hulle met die gesteelde voertuig gery het. Volgens die klaer het hy sy motor op Facebook Marketplace geadverteer. Op dieselfde dag het hy ’n oproep van ’n onbekende man ontvang wat gesê het sy kinders sal kom om die voertuig te besigtig. Tydens ‘n toetsrit het twee van die verdagtes glo vuurwapens op die eienaar van die voetuig gerig, hom afgelaai en met die voertuig weggery. Die drie tieners sal tot hul hofverskyning in die Meyerton Landdroshof in aanhouding bly.

 
 
 

Comments


bottom of page