top of page

Tienerseuns is van beweerde mensehandel gered

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Jan 7
  • 1 min read

Na inligting oor agt halfnaakte tienerseuns wat langs die pad stap ontvang is, is dié seuns en nóg twee ander uit vermeende mensehandel gered.


Maroela Media berig daar is vasgestel dat die tieners buitelandse burgers is wat glad nie Engels magtig is nie.


Volgens ‘n woordvoerder van die valke, Katlego Mogale, het hulle tydens die ondervraging vasgestel dat nog twee seuns in ‘n voertuig van die toneel in die Suide van Johannesburg weggeneem is.


Die betrokke voertuig is kort daarna opgespoor ‘n verdagte is na ‘n hoespoed-jaagtog in hegtenis geneem.


Die verdagte sal na verwagting binnekort in die hof op aanklagte van die oortreding van die immigrasiewet en die vermoedelikehandel in mense verskyn.


Verdere ondersoeke is ook tans aan die gang om die omstandighede rondom die voorval en die herkoms van die seuns vas te stel.


Ter illustrasie. FOTO: Maroela Media
Ter illustrasie. FOTO: Maroela Media

Comments


bottom of page