Tiger Brands belê miljoene in ‘n megavervaardigingsperseel
- Saamgestel deur Jana Roos

- 21 minutes ago
- 1 min read
Tiger Brands het meer as 200 miljoen rand belê om sy historiese vervaardigingsaanleg in die Paarl in ’n moderne megavervaardigingsperseel te omskep, waar onder meer Mrs Ball se blatjang nou vir die eerste keer deur die maatskappy self vervaardig word.
Maroela Media berig die aanleg, wat reeds in 1903 gevestig is, beskik ná die opgradering oor drie afsonderlike produksieaanlegte. Die belegging is die eerste van Tiger Brands se groter strukturele beleggings wat as deel van sy groeistrategie in bedryf gestel is.
Die uitvoerende hoof van Tiger Brands, Tjaart Kruger, sê die belegging is daarop gemik om die maatskappy se vervaardigingsnetwerk te moderniseer en sy bedrywighede doeltreffender, meer veerkragtig en mededingend te maak. Volgens Kruger moet die beleggings die maatskappy ook help om steeds gehalte, waarde en bekostigbaarheid aan Suid-Afrikaanse verbruikers te bied.








Comments