Tiger Brands gebruik nou sonkrag
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Jun 11
- 1 min read
Tiger Brands gebruik nou sonkragstelsels by sewe van sy vervaardigingsaanlegte reg oor Suid-Afrika – insluitend die Vrystaat. Ander aanlegte is in Gauteng, Noordwes en KwaZulu-Natal geleë en lewer reeds energie wat direk vir vervaardigingsprosesse gebruik word.
Maroela Media berig die maatskappy sê die sonkragprojekte vorm deel van ʼn belegging om die gebruik van volhoubare energie-oplossings uit te brei, die afhanklikheid van konvensionele elektrisiteit en sy koolstofvoetspoor te verminder.
Tiger Brands het hom daartoe verbind om teen 2030 sowat 31% van sy elektrisiteitsbehoeftes uit hernubare energiebronne te verkry. Die maatskappy streef ook daarna om sy koolstofvrystellings met 30% te verminder en energiedoeltreffendheid met dieselfde persentasie te verbeter.








Comments