top of page

Tiger Brands help net swart werkers se direkte familie om te studeer

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Sep 26
  • 1 min read

Tiger Brands help graag betaal sodat werknemers se direkte familie aan ʼn universiteit of kollege kan studeer – maar maar net as jy swart is.


Maroela Media berig in ʼn e-pos wat Donderdag deur Tiger Brands se korporatiewe kommunikasieafdeling aan werknemers uitgestuur is, word werkers aangemoedig om aansoek te doen om ʼn studiebeurs vanaf die Thusani Trust.


Die e-pos sê dat die Tiger Brands Thusani Trust gestig is om direkte familielede van permanente swart werknemers se tersiêre opvoeding te ondersteun.


Die bestuurshoof van Solidariteit, Dirk Hermann, sê die blatante diskriminasie van Tiger Brands wys dat growwe diskriminasie genormaliseer word. Hy sê dit is gevaarlik indien ʼn samelewing dit begin normaliseer om teen sekere rasgroepe te diskrimineer.


Solidariteit het onlangs sterk standpunt ingeneem teen ʼn soortgelyke beursskema van Bidvest wat slegs aan swart werknemers se kinders beskikbaar gestel is.


Die vakbond het selfs in Augustus ʼn klag by die Verenigde Nasies (VN) se Menseregtekommissie én sy Suid-Afrikaanse eweknie, die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (SAMRK) gelê.


FOTO: EWN
FOTO: EWN

 
 
 

Comments


bottom of page