Tiger Woods stamp koppe met die gereg
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Mar 29
- 1 min read
Gholflegende Tiger Woods is op borgtog vrygelaat na sy inhegtenisneming op aanklagte van bestuur onder die invloed nadat hy sy motor in ‘n ongeluk in Florida gerol het.
Die polisie in Martin County sê die 15-malige major-kampioen is ook aangekla van eiendomsbeskadiging en weiering om ‘n wettige toets te ondergaan. Woods het sy Land Rover gerol nadat hy Vrydagmiddag ‘n vragmotor in Jupiter Island getref het.
Die BBC berig dat beamptes hom nie van alkoholmisbruik vermoed het nie, maar moontlik van ‘n onbekende stof. Woods, wat uit die passasiersdeur moes kruip, het ‘n asemtoets na die ongeluk geslaag voordat hy ‘n urientoets geweier het.
Niemand is tydens die ongeluk beseer nie.








Comments