top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

‘TikTok moet verantwoordelike algoritmes bevorder’

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Mar 10
  • 1 min read

Die adjunkminister in die Presidensie, Kenny Morolong, sê sterker samewerking is nodig om veiliger digitale ruimtes en verantwoordelike kunsmatige intelligensie-bestuur regoor die vasteland te verseker.


Morolong het die TikTok Safer Internet Summit in Nairobi, Nigerië, bygewoon. Hy sê sosialemediaplatforms is nou hoe miljarde mense inligting ontvang, wat hulle kragtige digitale burokrasieë maak wat die openbare mening en die samelewing beïnvloed.


Morolong het verder platforms soos TikTok aangespoor om verantwoordelike algoritmes te bevorder, deursigtigheid te verbeter en digitale geletterdheid te ondersteun.


Hy sê terwyl hierdie platforms kennis versprei, maak hulle ook waninligting moontlik, wat demokrasie bedreig.


Kenny Morolong. FOTO: Facebook
Kenny Morolong. FOTO: Facebook

 
 
 

Comments


bottom of page