TikTok verwyder meer as ‘n halfmiljoen jong gebruikers
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Jun 5
- 1 min read
TikTok het meer as 1,1 miljoen video's in Suid-Afrika verwyder wat sy gemeenskapsreëls oortree het.
IOL berig die platform het ook meer as 520 000 rekeninge verwyder wat vermoedelik aan kinders jonger as 13 behoort het.
Volgens TikTok is die meeste van die inhoud deur outomatiese stelsels opgespoor voordat gebruikers dit kon aanmeld.
Die maatskappy sê hy verskerp steeds sy pogings om jong gebruikers te beskerm en skadelike inhoud van die platform te verwyder.








Comments