top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Timothy Omotoso weer in hegtenis geneem

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • May 11, 2025
  • 1 min read

Die onlangs vrygespreekte Nigeriese pastoor, Timothy Omotoso, is weer in hegtenis geneem. Die polisiekommissaris, generaal Fannie Masemola, sê Omotoso is in hegtenis geneem op aanklagte wat verband hou met die oortreding van die Immigrasiewet. Lede van die Departement van Binnelandse Sake en die polisie het Omotoso in hegtenis geneem. Masemola sê die departement sal mettertyd oor die aanklagte uitbrei. Omotoso en sy medebeskuldigdes, Lusanda Sulani en Zukiswa Sitho, is in April 2017 in hegtenis geneem en het aanklagte van verkragting, seksuele aanranding en mensehandel in die gesig gestaar.

 
 
 

Comments


bottom of page