Tito Mboweni sal staatsbegrafnis ontvang

Oct 16, 2024
1 min read
Die voormalige minister van Finansies, Tito Mboweni, sal volgens ‘n verklaring van President Cyril Ramaphosa, ‘n kategorie twee-staatsbegrafnis ontvang. Mboweni word Saterdag in Tzaneen in Limpopo ter ruste gelê. Hy is verlede Saterdag ná ’n kort siekbed oorlede. Mboweni het as die land se eerste reserwebank-goewerneur van die demokratiese regering gedien en verdien ná sy diens aan die land, volgens die ANC, ‘n staatsbegrafnis.








Comments