top of page

TLU SA is ongelukkig oor die voorgestelde wapenwet

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Nov 11
  • 1 min read

Die landbou-organisasie TLU SA het sy misnoë uitgespreek oor die voorgestelde wysigingswet op wapenbeheer van 2025.


Die organisasie sê dat terwyl dit stappe teen onwettige wapens ondersteun, hierdie wysigingswet eerder wetsgehoorsame wapen-eienaars wil straf.


TLU SA waarsku dat die nuwe voorsiening die reg tot selfverdediging beperk, en stel veral landelike gemeenskappe in gevaar.


Die algemene bestuurder van TLU SA, Bennie van Zyl, sê misdaadbeheer behoort op onwettige wapens te fokus, en nie op verantwoordelike burgers nie.


LUISTER:



Ter illustrasie. FOTO: Wix
Ter illustrasie. FOTO: Wix


Comments


bottom of page