top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

TLU SA kritiseer JSE se besluit oor sojabone

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Jul 29
  • 1 min read

TLU SA ondersteun Graan SA se beswaar teen die Johannesburgse Effektebeurs (JSE) se besluit om die berekening van liggingsdifferensiale vir sojabone te verander.


Die beurs wil die huidige veelvuldige-verwysingspuntmodel met 'n ou enkelverwysingspunt vervang.


Die JSE het die besluit op 20 Julie aangekondig ná 'n toetsperiode van twee bemarkingseisoene.


Graan SA meen die besluit is nie voldoende aan die hand van vyf voorafbepaalde kriteria gemotiveer nie en dat die tegniese komitee se data en aanbevelings nie voldoende in ag geneem is nie.


Die hoofbestuurder van TLU SA, Bennie van Zyl, sê hulle is veral bekommerd oor die finansiële impak op produsente.


Ter illustrasie. FOTO: Unsplash
Ter illustrasie. FOTO: Unsplash

 
 
 

Comments


bottom of page