TLU SA loods sy eerste Jeugboer van die Jaar-kompetisie
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Mar 27
- 1 min read
TLU SA brei vanjaar sy Jongboer van die Jaar-kompetisie uit met die bekendstelling van ’n nuwe Jeugboer van die Jaar-kompetisie.
Die projek fokus daarop om leerders se entrepreneurskap, kreatiwiteit en verantwoordelikheidsin deur praktiese landbouprojekte te ontwikkel.
Die kompetisie sal skole ook die geleentheid gee om hul idees en vaardighede ten toon te stel.
Volgens Bennie van Zyl, hoofbestuurder by TLU SA, bied die inisiatief ’n platform om jong talent te ontwikkel en vroeë blootstelling aan volhoubare landbou te bevorder.
LUISTER HIER:
Bennie van Zyl








Comments