TLU SA sê boere ervaar die regering as afwesig
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Dec 4, 2025
- 1 min read
TLU SA het in 'n ope brief aan president Cyril Ramaphosa gesê dat boere ʼn afwesige regering ervaar wanneer dit by hulle veiligheid en ondersteuning kom. Dit, terwyl die ongeveer 35 000 kommersiële boere seker meer as 90% van die voedsel van Suid-Afrika produseer, wat as seker die grootste strategiese bate van die land beskou kan word.
Luidens Maroela Media is die organisasie ernstig bekommerd oor die land se bestuur, veiligheid en die posisie van landbouprodusente. Hy waarsku dat die publiek se vertroue in die polisie op ʼn rekord laagtepunt is, te midde van deurlopende ondersoeke na die polisie se integriteit en vermoë.
TLU SA eis dat plaasaanvalle as ʼn prioriteitsmisdaad verklaar word, en dat ʼn toegeruste Suid-Afrikaanse Polisiediens saam met gemeenskappe moet werk om veiligheid te herstel.







Comments