top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

TLU SA verwelkom Willie Aucamp se aanstelling

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • 1 hour ago
  • 1 min read

Die landbou-organisasie TLU SA verwelkom die aanstelling van Willie Aucamp as minister van Landbou.


Die organisasie waarsku egter dat die landbousektor stabiliteit en beleidskontinuïteit nodig het te midde van politieke veranderinge. Die organisasie sê die onmiddellike prioriteit moet die beheer van bek-en-klouseer wees deur samewerking tussen die openbare en private sektor.


Die hoofbestuurder by TLU SA, Bennie van Zyl, sê uitdagings soos insetkoste, biosekuriteit, landelike veiligheid, marktoegang en beleids-sekerheid verg ook dringende aandag.


Hy sê die organisasie spreek ook sy waardering uit teenoor die voormalige minister John Steenhuisen en wens Aucamp sterkte toe.


LUISTER HIER:


Bennie van Zyl

Willie Aucamp. FOTO: ActionSA
Willie Aucamp. FOTO: ActionSA

 
 
 

Comments


bottom of page