top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Toegewyde polisiebeamptes onderskep ‘n vragmotor met koperkabels

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Jun 19
  • 1 min read

Ten spyte daarvan dat twee polisiebeamptes van diens af was, het hulle gehelp om 'n vragmotor met vermoedelik gesteelde koperkabel ter waarde van meer as 1,8 miljoen rand op die N1 naby Parys te onderskep.


Volgens Vrystaatse polisiewoordvoerder Lt. Kol. Thabo Covane het lede van die Fezile Dabi Distrik se Infrastruktuurtaakspan op inligting gereageer oor 'n vragmotor wat koperkabel vanaf Welkom vervoer het.


Die voertuig is kort ná die Vaal-tolhek voorgekeer waarna beamptes op sakke met koperkabel afgekom het.


'n Verdere ondersoek het glo nog koperkabel blootgelê wat onder sakke met fyngedrukte aluminiumblikke versteek was.


Twee mans is in hegtenis geneem en sal binnekort in die Parys-landdroshof verskyn.


FOTO: Verskaf
FOTO: Verskaf

 
 
 

Comments


bottom of page