top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Toenemende misdaad op Vrystaatse plase wek kommer

Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 27
1 min read

Daar is toenemende kommer oor ’n toename in misdaadvoorvalle op plase in verskeie dele van die Vrystaat.


Volgens inligting wat deur Vrystaat Landbou gedeel is, is verskeie voorvalle onlangs aangemeld waar ’n soortgelyke werkswyse gevolg is.


’n Verdagte is verlede week in die Excelsior-gebied in hegtenis geneem nadat hy na bewering probeer het om honde te vergiftig en ’n bakkie te steel.


In die Hobhouse-gebied is drie verdagtes, wat vermoedelik van Lesotho afkomstig is, in verband met trekkerdiefstal in hegtenis geneem.


Twee soortgelyke voorvalle is ook dié week in die Tweespruit-gebied aangemeld, waar daar na bewering gepoog is om honde te vergiftig en ’n voertuig en trekker te steel.


Vrystaat Landbou sê die voorvalle vind meestal tussen ongeveer 23:00 en 02:30 plaas, met twee tot drie verdagtes wat gewoonlik betrokke is.


Die organisasie doen ’n beroep op boeregemeenskappe om waaksaam te wees en verdagte aktiwiteite en misdaad onmiddellik aan te meld.


Ter illustrasie. FOTO: Unsplash
Ter illustrasie. FOTO: Unsplash

 
 
 

Comments


bottom of page