top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Toeris ernstig beseer toe olifant hom aanval

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Sep 15, 2024
1 min read

'n Toeris van Portugal is ernstig beseer toe ʼn olifant hom in die Pilanesberg-natuurreservaat in Noordwes aangeval het. Maroela Media berig die uitvoerende hoof van die parke- en toerismeraad in Noordwes, Thami Matshego, sê volgens ooggetuies was twee mense Saterdag buite hul voertuig tydens ʼn wildrit, te midde van ‘n olifantfamilie. Ander toeriste, wat die olifante gesien het, het hulle gewaarsku om in hul voertuig terug te klim. Die man is skielik deur ʼn volwasse olifant aangeval en hy het ernstige beserings opgedoen. Hy is na ʼn plaaslike hospitaal geneem waar hy gestabiliseer is en is tor na ʼn hospitaal in Pretoria oorgeplaas.

 
 
 

Comments


bottom of page