top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

'Toesmeer'-ondersoek ná nalatigheid by Pelonomi verleng

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jun 5, 2025
  • 1 min read

Die ondersoek na die verslag oor die beweerde toesmeer van mediese nalatigheid by die Pelonomi-hospitaal in Bloemfontein se spertyd is met drie weke verleng.

Dit nadat die verslag in Junie verlede jaar deur dr. Naas Ferreira aan die departement van gesondheid en die Universiteit van die Vrystaat oorhandig is.

News24 berig ondanks doodsdreigemente sê Ferreira hy sal aanhou veg, anders sal geregtigheid nooit seëvier nie en sal die familie nooit die waarheid oor hul geliefde se dood weet nie.

Woordvoerder van die Vrystaatse departement van gesondheid, Mondli Mvambi, sê die departement gaan nie verdere kommentaar lewer totdat die ondersoek voltooi is nie.

Die eerste ondersoeker, Silo Mncube, het in April vanjaar 24 uur kennis gegee dat hy bedank nadat navrae aan die Vrystaatse departement van gesondheid gerig is. In dieselfde tyd het die Valke hulle ook aan die ondersoek onttrek.

 
 
 

Comments


bottom of page